
Versekering
Jy is Virseker gedek.
Motor-, huis-, gebou-, regshulp- en troeteldierversekering, met uitnemende diens.
Motorversekering
OmvattendDekking vir toevallige en kwaadwillige skade, diefstal en kaping, weer- en natuurskade, brand, derdeparty-eise, jou radio, windskerm en glas skade.
Derdeparty, brand en diefstalDerdeparty-dekking, plus brand, diefstal en kaping.
Slegs derdepartyDekking vir derdeparty-eise.
VeldbakkieversekeringOmvattende dekking, plus R10 000 vir standaard bykomstighede en dekking vir jou spaarwiel.
Huisinhoud versekering
Wat ons dekMeubels, klere, elektroniese en elektriese toerusting, gordyne, los matte, tuinmeubels en gereedskap, asook geld, persoonlike dokumente, waardevolle muntstukke, seëls en kos in jou yskas.
Omvattende huisinhoudversekeringDekking teen inbrake, diefstal, brand, weerlig, oorstromings, vallende bome en kragoorlading.
Storm- en brandskadeversekeringDekking teen brand, weerlig, oorstromings, vallende bome en kragoorlading.
Opsionele ekstra: draagbare besittingsDekking vir besittings wat jy saam met jou dra.
Geboueversekering
Wat ons dekJou huis, sonpanele, buitegeboue, heinings en swembad.
Dekking teen skadeBrand, aardbewings, weerlig, oorstromings, gebarste pype en grondinsinking.
Opsionele ekstra: geiserDekking vir jou geiser en die skade wat dit veroorsaak as dit bars.
Opsionele ekstra: boorgat- en swembadtoerustingSpesifiseer dié toerusting om dit by jou polis te voeg.
Regshulpversekering
Regsake kan onsekerheid bring. Kry onbeperkte telefoniese regs- en belastingadvies in jou taal, met ondersteuning wat jou situasie in ag neem.
Ingesluit in jou dekkingTelefoniese advies, litigasiedekking, belastingbystand en bemiddeling.
Troeteldierversekering
Wanneer jou troeteldier siek word of seerkry, wil jy op hul versorging fokus. Kry ondersteuning met veeartskoste en sorg vir jou hond of kat, van kleintyd tot volwassenheid.
Ingesluit in jou dekkingHospitalisasie, chirurgie, veeartsbesoeke en welstand; inentings, sterilisasie, ontwurming en mikroskyfies; asook verassing wanneer jy moet afskeid neem.
Kontak ons vir 'n verpligtingsvrye kwotasie.
Ons vra ’n paar vrae oor wat jy nodig het, om jou dekking te bepaal.