
Mediese Fonds Advies
Die regte mediese dekking, sonder die raaiwerk.
Ons prioritiseer jou behoeftes en bied die nodige ondersteuning rakende jou mediese fonds en gapingsdekking — deur die hele jaar.
Waarmee ons help
Ondersteuning deur die hele jaar.
Ons ondersteun jou nie net wanneer jy kies nie — ons bly jou vaste kontakpunt vir alles wat daarna volg. Elke stap, elke vraag, elke behoefte. Ons bly aan jou kant.
Kies die regte dekking
Vergelykende kwotasies vir mediese fondseOns verskaf vergelykende kwotasies vir mediese fondse om jou te help kies vir die mees gepaste en mededingende opsie om by jou behoeftes en sak te pas.
Vergelykende kwotasies vir gapingsdekkingOns verskaf vergelykende kwotasies vir gapings-dekking om die mees gepaste en mededingende opsie vir jou behoeftes te identifiseer, wanneer spesialiste meer vra as jou mediese fonds voor sal betaal.
Wanneer jy behandeling nodig het
Goedkeuring van chroniese medikasieOns fasiliteer die volledige goedkeuringsproses vir chroniese medikasie, insluitend indiening, opvolg en bevestiging met die mediese fonds, om te verseker dat jou medikasie en behandeling, gedek is.
Voorafgoedkeuring van proseduresOns hanteer die vooraf goedkeuringsproses vir mediese prosedures, insluitend indiening, motivering en opvolg met die mediese fonds.
Eise vir medikasie en proseduresOns bestuur die volledige indiening en opvolg van eise vir medikasie en mediese prosedures om te verseker dat jou voordele korrek en tydig verwerk word.
Deur die jaar
Jaarlikse hersieningOns help met ’n jaarlikse hersiening van planne en pryse op die fondse en gapings-dekking, om te verseker jou oplossing bly relevant en mededingend, en in lyn met jou behoeftes.
Administratiewe diensteOns bestuur alle administratiewe mediese prosesse, insluitend lidmaatskap‑opdatering, afhanklike‑byvoegings en volledige dokumentasie hantering.
Mediese fondse
Ons bied 'n omvattende vergelyking van die mees algemeen beskikbare opsies, wat die voordele van elke opsie uitlig en dit maklik maak om prysverskille te sien.
BestMedMedihelpDiscoveryBonitas
Kom ons vergelyk jou opsies.
Ons vra 'n paar vrae oor jou omstandighede, en kom terug met 'n vergelyking van die planne wat by jou pas — nie 'n katalogus nie.